logo3a

Soldaat Cover BOOKPAPER V4 WEB

 

Soldaat, 'n verhaal wat in die laat sewentig jare afspeel, vertel die verhaal waardeur elke Suid-Afrikaanse man moes gaan, naamlik Nasionale Diensplig. Agtienjariges is opgeroep na verskillende Militêre Eenhede waar hulle moes aanmeld na voltooiing van hul matriek-skooljaar.

Dit gaan oor doodgewone seuns, dienspligtiges, hul opleiding en swaarkry tot waar hulle die landsgrense moes verdedig.  Die pyn en hartseer om Makkers aan die dood af te staan, doodsangs en vrees te beleef maar dit tog suksesvol doen.

Hulle keer as manne terug huis toe.

'n Verhaal waarmee elkeen wat daar was sal kan vereenselwig, en vir die wat nie daar was nie, sal dit wys hoedat dit was. 'n Moet-lees verhaal! 

“For those who had to fight for it, life has a flavour the sheltered would never know”