logo3a

FB IMG 1542610739256

 

'n Voorspoedige 2019 aan al my vriende!

Die jaar beloof om een van die grotes te wees, ook 'n jaar waarin ek graag meer op die "Soldaat-reeks" boeke wil fokus met twee nuwe boeke in die vooruitsig.  "Parabat," wat die wenspannetjie van Christo Koch deur hul passies neem as Suid-Afrikaanse valskermsoldate, sal hopelik tydens die Militere Fees van 1 Mei by die Voortrekkermonument bekendgestel word.  "Drywer," wat fokus op 'n kombinasie van aktiwiteite van die amperse vergete helde agter die skerms wat soms ondersteuning oor langafstande moes doen.  Wilfred Wiese, die drywer in die openingsboek "Soldaat," sal hier die voorvat man wees wat ons op die lang paaie neem.

Dit is ook 'n jaar waar ons weer Namibie tydens die Maart skoolvakansie sal besoek.  Gedurende Junie/Julie besoek ons die Nederlande en hopelik die Verenigde Koninkryk ook.  Ek beoog om funksies aan te bied in beide lande en baie hiervan sal afhang van die samewerking van die SA Legioen.

In Oktober sal ons ou vriend en kameraad, Basil Duke-Norris ons weer deur die passies neem in die Verre Noorde van die land met die fokus meer op die Westelike dele.  Natuurlik sal ek by die meeste Militere Feeste wees soos by die Voortrekkermonument, die Arms Fair in Johannesburg asook by die Veterans Fair by Dicky Fritz shellhole in Edenvale.

Ons besoek ook die Kalahari, die Noordkaap, en Vrystaat, om nie van die Pretoria omgewing te vergeet nie.  Die Kaap is weereens traag soos altyd om met enige reelings vorendag te kom, maar dan, ons kan hulle vergewe as die tuiste van die Stormers.

Ons jaarlikse funksies soos die Ford Mosselbaai sangopvoering, en die Bier en Spit met Wynand, sal onderskeidelik op 13 Desember en 28 Desember 2019 plaasvind.

Mag almal 'n wonderlike jaar beleef, en ek glo ek sal elkeen van julle erens deur die loop van die jaar te siene kry. 

 

“For those who had to fight for it, life has a flavour the sheltered would never know”