logo3a

Kaplyn Cover                                                                                                                                                                

                        Wynand se nuutste boek, Kaplyn, is nou beskikbaar in boekwinkels landwyd.  Hierdie boek, die tweede in sy trilogie van die Grensoorlog, volg op die sukses van die topverkoper Soldaat.  Dit beloof eweneens om die harde realisme rondom die bosoorlog te weerspieël waar die uithou en aanhou van die jong soldate tot die uiterste beproef was.

Die boek is 'n realistiese weergawe van hoe negentig persent van alle blanke Suid-Afrikaners die oorlog gesien, beskou en ervaar het.  Dit is wêrelde verwyder van die verwronge liberale beeld wat so dikwels geskep word om dit wat goed, effektief en reg was, af te breek en te verkleineer.

Elke oud-soldaat sal trots wees om die gebeure te herleef, en die wat nie daar was nie, sal strewe na die effektiwiteit van die ou Suid-Afrikaanse Weermag en dit wat vermag is, en van dit wat was.

Die boek het 'n taal-ouderdomsperk van 18, en word nie vir die liberale denkers en ontduikers aanbeveel nie.

Die boeke kan bestel word by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. en is beskikbaar by alle groot boekwinkels in Suid-Afrika en Namibië

Kaplyn,  ISBN 9781928499596

“For those who had to fight for it, life has a flavour the sheltered would never know”