logo3a

S 98 cover opsie 6 V2 WEBPublikasie Datum: Maart 2017

ISBN: 978-928405-03-0  |  Gedruk deur Groep7 Drukkers

Aanbevole verkoopsprys: R300.00  |  Uitgewer: Wynand du Toit Boeke


“’n Hoë spoed verhaal wat die leser vanaf die ysige vlaktes van Oos-Siberia na die tropiese waters van Angola neem; van beraadslaging oor staatsveiligheid tot persoonlike verhoudings; van spioenasie en intriges tot die gevegsintervlak. Geplaas in ‘n tydperk wanneer allerlei slinkse transaksies en heimlike operasies uitgevoer is, word ons deur die skrywer herinner dat ‘Hierdie boek is ‘n werk van fiksie’ – derhalwe dus, dit het nie plaasgevind nie. Nietemin, soos die spreekwoord sê; ‘ The truth is stranger than fiction because fiction has to make sense ’, en dus kan die leser verskoon word indien hy vir homself vra of hierdie dan nie kon plaasgevind het nie. Vir diegene wat nog nie die binnekant van ‘n duikboot geruik het na 30 dae op see nie – welkom; en vir diegene wat het – welkom terug!” - Skout Admiraal Steve Stead, SM, MMM, SA Vloot (afgetree)

“’n Uitstekende stuk werk wat my aandag van begin tot einde vasgegryp het” – Kaptein KG Woolf, SM, MMM, SA Vloot (afgetree)

Kry die e-boek  |  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Stryd om te oorleef

JosefskleedPublikasie Datum: Augustus 2016

ISBN: 978-1-928349-83-9  |  Gedruk deur Groep7 Drukkers

Aanbevole verkoopsprys: R250.00  |  Uitgewer: Wynand du Toit Boeke


Op 11 Februarie 2014 woon Wynand en Frances du Toit die 25ste herdenkingsvieringe van die ondertekening van die Brazzaville Protokol by. President Denis Sassou N’Guesso van die Republiek van die Kongo hang die Nasionale Meriete Order van die Kongo om Wynand se nek. Wat hy daar beleef en besef, laat die laaste stukke van die legkaart in plek val, dertig jaar na sy gevangeneming in Cabinda, Angola.

Lees hier in sy eie woorde van sy stryd om te oorleef, om weer ‘n plek in die samelewing in te neem. Hoe hy en talle ander veteran-soldate misbruik, misken en verstoot is. As vergete slagoffers van die destydse Kodesa-samesprekings, lewe baie oud-soldate in gebrek en armoede, hul onvermoë om in die nuwe Suid-Afrika aan te pas ‘n bewys van die ou regering se kille hantering van die eens magtigste weermag in Afrika.

Die politieke poppe-meesters trek op 10 Mei 1994 die Josefskleed oor die donker put waarin sy eens getroue soldate en landsburgers steeds verkeer. Die politieke en militêre vuilspel gerieflik verswyg in die gemak van hul aftree- pakette.

Kry die e-boek  |  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Betrayal for the sake of survival

Judas GoatPublication Date: March 2016

ISBN: 978-1-928349-52-5  |  Printed by Groep7 Drukkers

Recommended retail price: R250.00  |  Publisher: Wynand du Toit Books

During May 1985, a South African Special Forces Team, consisting of nine operators, landed on a beach in the oil-rich province of Cabinda in Angola. Their target was the six massive oil-storage tanks. The subsequent fire fight led to the death of two soldiers and the capture of Captain Wynand du Toit. This meant only one thing: Betrayal!

Read in his own words of this harrowing experience and the pain of his incarceration, the happenings behind the scenes and the realization that this was just an opening move that would eventually mislead the South African population to end the war in Angola and the independence of Namibia.

Judas Goat promises to take the reader on an unbelievable journey of hardship, suffering and betrayal. This eventually results in Wynand du Toit becoming a household name in South Africa.

Get the e-book  |  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Verraad terwille van oorlewing

JudasbokPublikasie Datum: Oktober 2015

ISBN: 978-1-928327-77-6  |  Gedruk deur Groep 7 Drukkers

Aanbevole verkoopsprys: R250.00  |  Uitgewer: Wynand du Toit Boeke

In Mei 1985 land 'n nege-man-span van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte op 'n strand in doe olieryke Cabinda-provinsie van Angola. Hul uitsluitlike doel is die vernietiging van ses massiewe olie-opgaartenks. Die daaropvolgende skietgeveg lei tot die dood van twee soldate en die gevangneming van Kaptein Wynand du Toit. Dit alles dui op een ding: Verraad!

Lees hier in sy eie woorde die gebeure van daardie nag en die diepgaande nagmerrie van sy gevangeneskap, die sameswerings en die uiteindelike afleiding dat die hele operasie slegs 'n openingskuif was wat uiteindelik die Suid-Afrikaanse volk moes mislei tot oorgawe in Angola en die onafhanklikheid van Namibië.

Judasbok beloof om die leser op 'n ongelooflike intense ervaring te neem en indiepte kyk te gee na wat agter die skerms gebeur het en wat aanleiding daartoe gegee het dat Wynand du Toit 'n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword het.

Kry die e-boek  |  This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

“For those who had to fight for it, life has a flavour the sheltered would never know”